top of page
Top
Top
Boontoe
Ruan Myburgh Films-70.jpg

'N BRUILOFSDUO

'n Bruilofsduo

 Akoestiek is ‘n bruilofsduo uit die hartjie van Centurion, Pretoria, wat dit geniet om bruilofsfeeste, vir die afgelope 11 jaar, met akoestiese verwerkings van bekende & oorspronklike liefdesmusiek in te kleur & om ‘n gepaste atmosfeer te skep wat die fokus op die mooi & kern van die huwelik vestig. 

'n Bruilofsduo
Ons Storie
Ruan Myburgh Films-38.jpg

Ons Storie

Ons is Werner & Rozanne Kahts. Ons het mekaar jare gelede in die kerk-orkes ontmoet, saam musiek begin maak & sedertdien nog nie opgehou om die pad saam te bly stap nie. Ons is in 2012 getroud & het die voorreg dat 'n pragtige amper 4 jarige dogtertjie, ons Pappa & Mamma noem.

 

Alhoewel beide van ons heeltemal ander rigtings gaan studeer het, maak ons graag saam musiek as Akoestiek, Ruth Music SA & is die eienaars van 'Good Morning Sweet Songbird' 'n klank-opname studio & ondersteuningsnetwerk vir onafhanklike kunstenaars, soos onsself.

Ons geniet dit om 'n span te wees & om wat ons elkeen het om by te dra tot 'n groter, mooier geheel & doel te gee. Ons glo in die gawe van getroud-wees & dit gee ons groot vreugde om te kan beaam watter krag die eenheid daarvan dra en getuies te wees van hoe God 'power couples' bymekaar bring vir Sy droom & doel.

Liefdespsalms.

Ons is lief daarvoor om oorspronklike en bekende wysies in akoestiese weergawes te omskep. Ons sing liefdespsalms - van dié soort wat jou ‘n knop in die keel gee, tot dié wat jou voete laat jeuk om te skoffel. Volg die skakel om 'n speellys te sien van wat ons al gesing & gespeel het.

Speellys
Ruan Myburgh Films-44.jpg

‘Ons is absoluut mal oor troues. 
Die huwelik is vir ons so spesiaal & dit verskaf
ons groot vreugde om musiek oor die liefde
te skryf & mense te inspireer om weer 
daarin te glo.’

Troues en
funksies.

Ons bied akoestiese musiek wat spesiaal vir troues, tydens die Seremonie & Canapés, uitgeknip is. Bespreek ons gerus vir 'n optrede by jou privaatfunksie; of dit 'n mylpaal verjaarsdagviering, 'n kombuistee of 'n tuin makiti is. 

Troues + Funksies

Vriende in die bedryf.

Ons is trotse lede van top aanlyn-troubeplanners & gidse soos Mooi Troues & Bruidsgids & Wedding Guide. Maak gerus van hierdie puik platforms gebruik om jou droomdag te beplan.

BGWG-Badge-1.png
Mooi Troues - Wit.png
Kontak + Sosiale Media

Kontak +
Sosiale Media

ADRES

Centurion, Pretoria

KONTAKNR.

079 521 0473

E-POS

trouklokkies@akoestiek.co.za

SOSIALE MEDIA 'HANDLE' 

@akoestiek.musiek

  • Facebook
  • Instagram
  • Youtube
  • TikTok
bottom of page