'N BRUILOFSDUO
'n Bruilofsduo
Hallo, ons is Akoestiek. ‘n Afrikaanse bruilofsduo uit die hartjie van Pretoria uit. Ons geniet dit om akoestiese verwerkings van bekende & oorspronklike liefdesmusiek by troues te sing wat help om die perfekte atmosfeer te skep. Ons is absoluut mal oor troues. Dit verskaf ons groot vreugde om musiek oor die liefde te skryf & mense te inspireer
om weer daarin te glo.
Ons Storie
'n Bietjie geskiedenis. Ons het mekaar jare gelede in die kerk-orkes ontmoet, saam musiek begin maak & sedertdien nog nie opgehou om die pad saam te bly stap nie. Ons is in 2012 getroud & het in 2013 by ons eerste troue gesing. Akoestiek is uiteindelik in 2017 gebore nadat ons vele geleenthede gehad het om by familie & vriende se troues te sing, dit vreeslik geniet het, die nood vir egte liefdesmusiek begin raaksien het en besef het dat ons soveel daarvan het om te gee.
Ons glo in die gawe van getroud-wees, die krag van eenheid as 'n getroude span en ons stem sonder twyfel - 'Saam is beter'.